Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die kinderverhaalkarakter, Rooikappie, het Saterdagoggend, 16 Maart, kleuters en jong kinders van Graaff-Reinet bekoor toe sy by The Village ‘n draai gemaak het.
Rooikappie – oftewel die sprankelende Marina van Niekerk – het die 16 ywerige kinders gehelp om vir hulself koekstruif te maak.
Die kinders het hul glasies met allerhande soetgoed gevul waaraan hul toe heerlik na afloop van die ‘kookles’ kon smul.
Skakel 049 891 0337 om uit te vind wanneer Rooikappie weer by The Village gaan kuier.
Daar is groot konsentrasie onder die kinders.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'