ADDO NUUS - ’n Ongeluk tussen ’n onderhoudsvoertuig van die Departement van Vervoer en ’n trein het vanoggend, 21 Oktober, omstreeks 07:11 buite Addo plaasgevind.
Volgens Unathi Binqose, woordvoerder van die Departement van Vervoer, is geen sterftes aangemeld nie.
Ooggetuies het gesê dat twee ambulanse na die toneel gehaas het.
Volgens Binqose het die lokomotief die voertuig getref en teen hoë spoed meegesleur. “Al die betrokke persone het met hul lewens daarvan afgekom, en een persoon het geringe beserings opgedoen,” het Binqose gesê.
Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie, aangesien die ongeluk as gering beskou word.
Die spoorlyn is tans gesluit vir herstelwerk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’