CRADOCK NUUS - Die N10 roete vanaf Cradock (Nxuba) na Port Elizabeth (Gqeberha) staan as een van die gevaarlikste roetes in Suid-Afrika bekend.
Tientalle ongelukke word weekliks aangemeld en dikwels is swaar vragmotors by die ongelukke betrokke.
Sterfgevalle word byna daagliks aangemeld.
Cradock spring ook nie die hartseer vry nie.
Die gemeenskap is steeds in rou nadat vier geliefde inwoners vroeg in September in ’n ongeluk met ’n swaar voertuig sowat 20 km buite Cradock, tragies gesterf het.
Baken van lig
'n Baken van hoop waak egter nou oor hierdie berugte roete. Vrydag 17 Oktober het die Cradock-besigheid Wolsakvervoer ’n massiewe kruis sowat 5 km buite Cradock langs die N10 opgerig, wat snags helder verlig is.
Die kruis staan op 'n hoogtetjie, by die ruitverwysing 32°12’23.3”S 25°40’54.2”E, en sy lig kan van so ver as 30 km weg gesien word.
“Ons wil graag deur hierdie gebaar alle padgebruikers seën en bid dat God met elke persoon mag wees wat hierdie pad gebruik,” sê Jaco Mulder, besturende direkteur van Wolsakvervoer.
Gevaarlike pad
Dit is uiters gevaarlik om in swak lig, of na donker, oor die Olifantskoppas te reis, aangesien padgebruikers gereed bots met stilstaande vragmotors vragmotors dikwels daar onklaar raak, en tot gevolg het dat ander padgebruikers met die stilstaande voertuie bots.
Ambulansdienste in Nxuba het dit dikwels moeilik om aan die aanvraag te voldoen wanneer daar meer as een ongeluk op die N10 was.
Menslike foute dra ook by tot die toedrag van sake. Vir swaarvoertuigbestuurders wat vanaf die binneland reis, is hierdie ent pad die die pylvak van hul rit na die Ngqura-hawe.
Bestuurders is dikwels oorhaastig, ooreis en oormoeg, en wil net die eindpunt van hul roete bereik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’