MIDDELBURG NUUS - Dit blyk dat daar beslis nie ‘n tekort aan begaafde skrywers is in Middelburg is nie.
Drie leerders van Hoërskool Middelburg het uitstekend gevaar tydens die Allies Eisteddfod in Aliwal-Noord in Augustus.
Hierdie leerders se puik resultate in die skryfkuns- en kreatiewe skryfkuns-afdelings strek oor verskeie kategorieë en grade.
Riani Lombard (gr.10) is as graadwenner vir Afrikaanse skryfkuns benoem.
Sy was ook die bekerwenner vir Afrikaanse skryfkuns onder alle hoërskole wat deelgeneem het.
Phumelela Jama (gr. 12) was die graadwenner vir oorspronklike Engelse skryfkuns.
Patricia Kankolongo (gr. 11) is as graadwenner vir oorspronklike Engelse skryfkuns aangewys en verower ook die wennerstrofee vir Engelse skryfkuns vir hoërskole.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’