Update
GRAAFF-REINET NUUS - 'n Kersfees agter tralies wink vir die N9-moordverdagtes, Chantelle Verwey (48) en Mandla Khumalo (28).
Hulle is sedert 14 Julie in aanhouding as verdagtes in die moord op Annette Jooste van Eeden (59).
Die twee verdagtes en slagoffer is almal van Vereeniging, waar Verwey en Khumalo deur AO Leon Weitz, een van Graaff-Reinet se baasspeurders, na 'n intensiewe ondersoek in hegtenis geneem is.
Hulle word daarvan verdink dat hulle Jooste van Eeden ongeveer vier kilometer buite Graaff-Reinet op die N9, rigting Middelburg, vermoor het.
Na hul vierde hofverskyning sedert hul arrestasie, is die saak Donderdag, 3 Oktober, weer uitgestel. Hierdie keer na Woensdag, 20 November.
Verwey se aansoek om borg is geweier weens die sensitiwiteit van die ondersoek en die feit dat sy nie bewys van adres kan lewer nie.
Dit blyk die berugte N9-moordverhoor het nog 'n lang pad om te loop.
Daar is steeds geen sprake van 'n datum vir pleit en getuienislewering nie. 'n Donker Kersfees agter tralies is dus 'n moontlikheid vir die verdagtes.
Lees vorige artikels hier:
- Lang pad vir N9-moordverhoor
- Vermeende moordenaars bly in selle
- Two arrested in N9 murder case
- Polisie laat geen steen onaangeroer
- Só lyk die N9-moordslagoffer
- Vermoorde se identiteit bekendgemaak
- N9-moordslagoffer geïdentifieseer
- Nuutste: Vrou wat vermoor is geïdentifiseer
- Vermoorde vrou se liggaam word ondersoek
- Still no answers after woman's body found
- Young woman's body found outside Graaff-Reinet
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'