GRAAFF-REINET NUUS - Dit blyk die berugte N9-moordverhoor het nog 'n lang pad om te loop.
Moordverdagtes Chantelle Verwey (48) en Mandla Khumalo (28) het Dinsdag, 23 Julie reeds hul derde verskyning in die Graaff-Reinet-landdroshof gemaak, na hulle Sondag, 14 Julie in Vereeniging gearresteer is.
Die saak is weer uitgestel na Vrydag, 4 Oktober, om die ondersoekspan die kans te gee om hul ondersoek voort te sit.
Hulle word daarvan verdink dat hulle Annette Jooste van Eeden (59), ook van Vereeniging, ongeveer vier kilometer buite Graaff-Reinet op die N9, rigting Middelburg, vermoor het. Haar liggaam is toe langs die pad versteek.
Op 13 Junie omstreeks 6.30vm het die polisie 'n anonieme oproep ontvang oor 'n die liggaam wat daar lê.
Jooste van Eeden is 'n week later deur middel van vingerafdrukvergelyking geïdentifiseer.
Intussen het betroubare bronne inligting aan die Advertiser verskaf wat daarop dui dat daar 'n kinkel in die moordkabel kan wees.
Bewerings van vorige ontvoering(s), die gebruik en smokkel van afhanklikheidsmiddels, asook vorige drankverwante misdrywe binne die driehoek van die N9-moord betrokkenes, is aan die Advertiser geopper.
Landdros LS du Plessis is die voorsittende bampte, en Staatsaanklaer Drian Bakkes tree vir die staat op.
Moordverdagte Chantelle Verwey.
Lees vorige artikels hier:
- Vermeende moordenaars bly in selle
- Two arrested in N9 murder case
- Polisie laat geen steen onaangeroer
- Só lyk die N9-moordslagoffer
- Vermoorde se identiteit bekendgemaak
- N9-moordslagoffer geïdentifieseer
- Nuutste: Vrou wat vermoor is geïdentifiseer
- Vermoorde vrou se liggaam word ondersoek
- Still no answers after woman's body found
- Young woman's body found outside Graaff-Reinet
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'