Breaking News Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die polisie het 'n deurbraak gemaak in die moord op 'n 60-jarige vrou, wie se lyk vier kilometer buite Graaff-Reinet gekry is.
Haar identiteit, sowel as meer inligting oor haar, is aan die Graaff-Reinet Advertiser bekend.
Dit word weerhou tot dat die familie in kennis gestel is van haar dood.
Ons kan wel bevestig dat sy van die Oos-Kaap was, en oorleef word deur ’n kind.
Kaptein Bradley Rawlinson, woordvoerder die Graaff-Reinet SAPD, het die vermoorde aanvanklik as 'n blondekop vrou beskryf, maar aan die Graaff-Reinet Advertiser bevestig dat haar hare 'n mengsel van blond en rooi was.
Lees die volledige artikel in môre se Graaff-Reinet Advertiser, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Vermoorde vrou se liggaam word ondersoek
- Still no answers after woman's body found
- Young woman's body found outside Graaff-Reinet
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'