Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die SAPD se forensiese patalogiese eenheid sal vandag, Woensdag 19 Junie, ’n nadoodse ondersoek doen op die liggaam van ’n jong vrou wat op 13 Junie dood buitekant Graaff-Reinet gevind is.
Sy is langs die N9 in die rigting van Middelburg gevind, met ’n oop wond aan die kant van haar kop. Sy het ’n denim-broek en blou hemp aangehad.
Volgens Kaptein Bradley Rawlinson, woordvoerder vir die Graaff-Reinet SAPD, is die vrou se indentiteit en die omstandighede rondom haar dood nog onbekend.
Aanvanklik is sy as 'n blondekop vrou beskryf, maar bevestiging is ontvang dat haar hare 'n mengsel van blond en rooi was.
Uit die aanvanklike ondersoek bleik dit dat sy in haar dertigs was. E
nige iemand met inligting oor die moord kan Speurder Adjudant-Offisier Leon Weitz skakel op 082 301 8475.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'