Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die vermoorde vrou wat buite Graaff-Reinet gevind is op 13 Junie, is geïdentifiseer as Annette Jooste van Eeden (59).
Polisie het aanvanklik gedink dat sy in haar 30s was, maar het intussentyd bevestig dat sy in 1960 gebore is.
Alhoewel Jooste van Eeden van Vereniging was, het sy familie in die Oos-Kaap.
Kaptein Bradley Rawlinson, woordvoerder van die Graaff-Reinet SAPD, sê die polisie ondersoek ’n klag van moord.
“’n Nadoodse ondersoek is Woensdag op haar gedoen. Die oorsaak van haar dood is aan die polisie bekend.”
Rawlinson wou nie verder uitbrei oor die moord nie, maar vra dat enige iemand met inligting Speurder Adjudant-Offisier leon Weitz op 082 301 8475 skakel.
Lees vorige artikels:
- N9-moordslagoffer geïdentifieseer
- Nuutste: Vrou wat vermoor is geïdentifiseer
- Vermoorde vrou se liggaam word ondersoek
- Still no answers after woman's body found
- Young woman's body found outside Graaff-Reinet
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'