KAROO NUUS - 'n Tweede meteorologiese toetstoring om windspoed en ander weersaspekte te meet, is onlangs stil-stil op Toorberg op die plaas Quaggasdrift net wes van die Kamdeboo opgerig.
Dit is nie bekend presies wanneer die toring opgerig is nie en navrae aan KIH Energy was teen saktyd onbeantwoord.
KIH Energy beplan om 'n windplaas in die Dr Beyers Naude munisipale gebied op te rig en die eerste toetstoring op 'n rif bokant die Kamdeboo Bewarea, het verdeelde reaksie uitgelok.
Sommige landeienaars voel dat 'n windplaas die wese van die gebied sal aantas, voëls sal bedreig en dat die skerp ligte op die turbines, die naghemel vir ewig vir mens en dier sal bederf.
Ander verwelkom dit weer aangesien ontwikkelaars 'n sekere persentasie betaal aan diegene wat turbines op hulle grond toelaat om herwinbare energie te skep.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'