CRADOCK NUUS - Die gr. 10-leerders van Hoër Landbouskool Marlow het op Donderdag en Vrydag, 28 en 29 Augustus, 'n veehanteringskursus by die skool bygewoon.
Die kursus is aangebied deur Juan Venter en Mart-Maré van die NWKV en BG Badenhorst en Bull Price van Zoetis.
Die kursus het teoretiese asook praktiese opleiding bevat en die leerders moes natuurlik hul nuutverworwe kennis op papier ook weergee om die kursus te voltooi.
Hulle was dit eens dat hulle nou baie meer insig in die hantering van veesiektes het na die puik opleiding in die klas, in die kraal en in die veld.
Leerders sien jaarliks met groot opgewondenheid uit na die twee dae waarin hulle hul praktiese kennis in al drie areas kan ten toon stel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’