Update
GRAAFF-REINET NUUS - 'n Senior staatsaanklaer moet besluit of 'n vier-jarige kind se getuienis gaan staan in die hof om die beweerde verkragting van 'n vyf-jarige meisie aan te hoor.
Kaptein Bradley Rawlinson het Maandag bevestig dat 'n vrou van Santaville in Graaff-Reinet laasweek Donderdag, 22 Augustus, die polisie se hulp ingeroep het na iemand haar vertel het dat die verdagte die meisie gemolesteer het.
Dít, na die vier-jarige getuie vir hulle met handgebare gewys het wat die verdagte aan die jong slagoffer gedoen het.
"Die saak sal na die hof verwys word om te beslis oor moontlike vervolging," het Rawlinson gesê.
Die Advertiser het die ouderdomme van die getuie en slagoffer tydens verdere ondersoek verneem, na Rawlinson nie hulle ouderdomme wou bekend maak nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'