GRAAFF-REINET NUUS - 'n Jong vrou van Santaville, Graaff-Reinet, het 'n verkragtingsaak teen iemand wat sy ken aanhangig gemaak.
Volgens haar het sy en ses vriende Saterdag, 17 Augustus, by haar woonplek gekuier toe die voorval gebeur het.
Volgens Kapt Bradley Rawlinson, woordvoerder van die Graaff-Reinet SAPD, sê die vrou sy het omstreeks 8.30nm na 'n kamer in die woning gegaan en op die vloer gaan slaap.
"Sy het wakker geword met die verdagte besig om haar na bewering te verkrag. Sy het opgespring en na haar ma in die kombuis gehardloop," het Rawlinson gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'