CRADOCK SPORTNUUS - Vir die eerste keer in jare is die wedywering tussen Hoër Landbouskool Marlow en Hoër Volkskool op Woensdag 24 Mei hervat met ‘n gesonde middag van rugby in Cradock.
Die dag is in goeie gees aangepak met ondersteuners, dirigente en ouers wat die gronde van die Willie Meyer-veld in opgewondenheid gehul het.
Marlow het behoorlik koning gekraai deur al die wedstryde te wen.
Met die gemak van SkoleRugby wat die wedstryde lewendig gestroom is, was die opwinding ook beskore vir diegene van vêr.
Die uitslae is soos volg: (in die guns van HLSM)
- o. 14A : 38-10
- o. 15A : 44-29
- o. 16A : 26-7
- 2de : 74-0
- 1ste : 33-9
Daar word uitgesien na jare se volgehoue en gesonde kompetisie tussen die twee hartklop-Karoo-skole.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’