LADY GREY NUUS - Die onlangse terugvind van gesteelde skape het weereens bewys dat groter sukses behaal word wanneer die gemeenskap en die polisie saamwerk.
Op 19 Novenber het 'n plaaslike boer ongeveer 11:00 die Lady Grey-polisiekantoor in kennis gestel dat hy 80 skaap vermis.
Hy het vermoed dat die skape gesteel is, aangesien die draad van die kamp waaruit die skape verdwyn het, geknip was.
Volgens 'n mediaverklaring deur Adj. off. Majola Nkholi, die mediaverteenwoordiger van die Oos-Kaapse Departement van Polisie, het Lady Grey-polisie, gemeenskapslede, die veediefstaleeinhied, die bedreigde spesie-eenheid, gemeenskapsboere, die plaaslike boerevereniging en die Gijima- en Peace-komitees vinnig gereageer.
In reënweer het hulle die bergagtige omgewing deursoek en alle leidrade opgevolg, en sukses behaal toe 63 van die 80 skape in die berge gevind is.
Die skape, wat sedertdien positief geïdentiseer is, is aan die eienaar terugbesorg.
Die saak word ondersoek.
Generaal-majoor Lindelwa Vellem, die Joe Gqabi-distrikskommissaris, het hierdie suksesvolle samewerking geloof en gesê dat gemeenskapsbetrokkenheid die heel belangrikse bestanddeel in veediefstalsake en misdaad op die platteland bly.
Hy het die gemeenskap van die Joe Gqabidistrik en Lady Grey gelukgewens met hul wakker optrede en samewerking.
“Oos-Kaapse gemeenskappe moet alle misdaad aanmeld.
Wees op die uitkyk vir verdagte aktiwiteit en rapporteer enige onregmatige aktiwiteite in jou area, en werk hand aan hand met wetstoepassingsagentskappe,” het Vellem versoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’