GRAAFF-REINET NUUS - Die 13 jarige Bronwon Lottering, ’n gr. 8-leerder van Spaundau Sekondêre Skool in Graaff-Reinet, het die Oostelike Provinsie op 8 November by die Nasionale Atletiekbyeenkoms vir Primêre Skole in Germiston verteenwoordig.
Lottering het beide die 100m en 200m gehardloop en 'n algehele sewende plek behaal.
Sy het ook oor die naweek van 16 en 17 Mei aan proewe in Stellenbosch deelgeneem met die oog op ’n atletiekbeurs.
Gedurende die Junievakansie het Bronwon aan die Tuks (Pretoria) Athletics Academy se proewe gaan deelneem, waar sy die geleentheid gehad het om saam met atletieksterre soos Caster Semenya te oefen.
Haar jaarprestasie was so uitmuntend dat Tuks Sport High School haar op 4 November 'n beurs vir die 2026 akademiese jaar aangebied het.
Hou hierdie Graaff-Reinet-dogter dop - sy gaan nasionaal die dorp se naam hoog hou!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’