KLIPPLAAT NUUS - Die Sarah Baartman Distriksmunisipaliteit het onlangs ’n spesiale geleentheid aangebied waartydens ’n aantal dienste op wiele aan die gemeenskap bekendgestel is.
Dienste wat by die geleentheid opgedaag het, was Sassa, NDA, Sarah Baartman Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit, Dr. Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit, Departement Vervoer, Departement Binnelandse Sake, Departement Gesondheid, EasyPay, IEC, Metropolitan Life, SAPD, Klipplaat Sop Kombuis, Klipplaat Slagofferondersteuningsentrum, Hope Family Preservation, Siyaphamili Disability Organisation, Tada, Klipplaat Sunny Days Gardens, Ubomi Bakery en Spreuke 6:6 Primêre Koöperatief.
Dienste is suksesvol bemark aan besoekers wat vanaf Waterford, Mount Stewart, Jansenville en omliggende plase gekom het om toegang tot dienste te verkry.
’n Hoogtepunt van die dag wat baie belangstelling gelok het, was die demonstrasie van LPG Gas en Vuur deur die Dr. Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit se brandweer.
Hierdie geleentheid word beklemtoon as "Batho Pele in aksie", met die spesiale fokus op mense met gestremdhede en geslagsgebaseerde geweld, ooreenkomstig die distriksontwikkelingsmodel om geïntegreerde dienste nader aan die mense te bring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’