Video
KAROO NUUS - Motoriste word versoek om met groot omsigtigheid die Lootsbergpas (N9) tussen Middelburg en Robert Sobukwe-dorp (voorheen Graaff-Reinet) te benader, aangesien temperature onder vriespunt veroorsaak het dat die vog op die padoppervlak oorgeys het, en dit gevaarlike rytoestande tot gevolg het.
“Padverkeersvoertuie patrolleer die roetes en sal reisigers ingelig hou rondom veranderende toestande,” sê Unathi Binqose, woordvoerder van die departement van vervoer.
Daar word nog gewag vir inligting oor die padtoestande op die N6 (Penhoekpas) en R69 (Wapadsbergpas).
VIDEO: Sneeu en ys op Lootsbergpad
VIDEO: Ys op Lootsbergpas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’