KAROO NUUS - Die N10 tussen Cradock en Cookhouse sal vir ’n onbepaalde tyd gesluit wees terwyl ’n voertuigongeluktoneel opgeruim word.
Die ongeluk tussen twee vragmotors het om 13:10 ongeveer 30 km van Cradock op die N10 plaasgevind.
Volgens die Oos-Kaapse Verkeersdepartement is daar tans ’n verkeersopeenhoping op dié roete en is daar geen verbyroete vir swaar vragmotors nie.
Gedeeltes van die pad word versper deur groot ronde bale wat van een van die vragmotors afgeval het, terwyl stropers wat op die ander vragmotor toegesak het, ’n ernstige impak op verkeersveiligheid het.
Nooddienste is op die toneel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’