KAROO NUUS - "Vra ons onsself ooit wat wil Jesus vir ons sê met die droogte? Waarom weerhou Hy die reën?
Ons sal opnuut moet besin of Jesus nog steeds prioriteit een in ons lewe is, of het ek ander prioriteite wat belangriker is?
Iets is verkeerd. Jesus het gesterf vir die onregverdiges, die sondaars. Ek, as wedergeborene, moet uitgaan en die oes inbring; ek moet vertel, ek moet iets doen!
Jakobus 2:26 sê: Want as die liggaam sonder die gees dood is, so is ook die geloof sonder werk dood.
Daar is sowat 40 000 mense in Graaff-Reinet. Een rugbystadion vol. Gaan ek daadwerklik help om hulle vir Jesus te wen? Ja, ek. Vergaar vir jou skatte in die hemel. Jesus soek nie vermoëns nie, maar beskikbaarheid. Hoor ons die gehuil van ellendiges wat wag op ons boodskap?
Jesus praat nou baie hard met ons deur middel van die droogte. Kom laat ons ons tentpenne verder skuif. Lees 11 Kronieke 7:13 - 15."
Het jy 'n opinie wat jy wil lig? Do you have an opinion to share with us? Email paula@groupeditors.co.za
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'