CRADOCK NUUS - Riegerdt Oosthuizen 'n gr. 10-leerder by Hoërskool Cradock, het hierdie jaar 'n fenominale jaar van rugby beleef.
Danksy harde werk, passie en selfdissipline het Riegerdt die afgelope jaar vyf wedstryde vir die o.16A rugbyspan by Cradock Hoërskool gespeel onder afrigting van sy Pa, Charl Oosthuizen, op sy dag self 'n puik rugbyspeler.
“Riegerdt is ook gekies om vir die o.16 Middelande in die tweede ronde te speel,” sê sy ouers trots.
Maar dit het nie daar gestop nie. Riegerdt is in Junie gekies om tydens die Bokkieweek in die AVS Vrystaatspan te speel. Uit 14 unies wat deelgeneem het, is hy as losskakel gekies vir die AVS Bokkies Nasionale Presidentspan wat in die Oktoberskoolvakansie na Namibië getoer het.
"Dit was 'n onvergeetlike ervaring en ons het teen groot spanne baie goed gevaar,” vertel Riegerdt.
Riegerdt het ’n goeie skopvoet en is 'n fantastiese balverspreider.
Hy sal graag eendag professioneel rugby wil speel, maar beplan ook om as argitek te kwalifiseer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’