GRAAFF-REINET NUUS - Verpleegpersoneel van Steynsburg-hospitaal, asook vriende en familie van kankerpasiënte, het onlangs deelgeneem aan 'n 5 km-staptog ten bate van kankerpasiënte deur onderskeie woonbuurte na die kliniek in Khayamnandi.
Bystand is deurgaans verleen deur die plaaslike SAPD en verkeer om stappers se veiligheid te waarborg.
By die kliniek kon al die pasiënte, stappers en verteenwoordigers vanuit die Steynsburggemeenskap luister na opvoedkundige praatjies rakende kanker en kankersorg.
Daar was ook geleentheid vir vroue om papsmere te laat doen en die belang van selfondersoek is ook belig.
"Gereelde ondersoeke deur elke vrou is noodsaaklik, dat elke vrou haar eie borsweefsel leer ken en 'n veranderimg vroegtydig kan optel," het Sr Cathy Koeberg, deesdae afgetree, gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’