GRAAFF-REINET — 'n Laer Volkskool-leerder is nà die onlangse Suid-Afrikaanse kleiteikenskietkampioenskap in Kaapstad derde in die land in sy dissipline.
Alhoewel Alwyn van Jaarsveld net 10-jaar-oud is, het dit hom nie verhoed om in die junior kategorie in die afdeling kleiduif-skiet (skeet) saam met ander deelnemers wat tot en met 18 jaar oud is te kompeteer nie.
Na 'n suksesvolle sege oor drie dae, van 27 tot 30 April, het Van Jaarsveld stof in sy ouer mededingers se oë geskop om die brons medalje te verower.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'