GRAAFF-REINET NUUS - Lechem Lamont (12), ’n leerder van Union High, het voor die algehele maansverduistering op 7 September slaggereed gestaan met sy kamera en teleskoop om die rooi bloedmaan op film vas te vang.
Lechem het sommer in hul agterplaas die groot gebeurtenis ingewag, en kon Maandag 8 September behoorlik by sy skoolvriende gaan spog met sy puik fotografie.
Hy gaan beslis nie dié hoogtepunt in sy onluikende fotografieloopbaan maklik vergeet nie!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’