GRAAFF-REINET NUUS - Die verdagtes in die berugte N9-moord het hul voorneme om aansoek om borg te doen, teruggetrek.
Chantelle Verwey (48) en Mandla Khumalo (28) het Dinsdag, 23 Julie hul tweede verskyning in die Graaff-Reinet-landdroshof gemaak, na hulle Sondag, 14 Julie in Vereeniging deur Speurder AO Leon Weitz, van Graaff-Reinet, en sy span ondersoekbeamptes in Vereeniging vasgetrek is.
Hulle word daarvan verdink dat hulle Annette Jooste van Eeden (59), ook van Vereeniging, ongeveer vier kilometer buite Graaff-Reinet op die N9, rigting Middelburg, vermoor het.
Haar liggaam is toe langs die pad versteek. Op 13 Junie omstreeks 06:30 het die polisie 'n anonieme oproep ontvang, wat hulle ingelig het oor die liggaam langs die pad.
Sy is 'n week later deur middel van vingerafdrukke uitgeken.
Op 15 Julie het Verwey en Khumalo hul eerste hofverskyning gemaak en aangedui hulle gaan om borg aansoek doen. Dinsdag, 23 Julie het hul regshulpprokureur, Joanne Khan, Landdros LS du Plessis en Staastaanklaer Drian Bakkes meegedeel dat haar kliënte hul borgaansoek voorlopig laat vaar.
Du Plessis het die saak tot Maandag, 2 September, uitgestel vir verdere ondersoek.
Die verdagtes bly in aanhouding.
Chantelle Verwey en Mandla Khumalo Dinsdag, 23 Julie, oppad hof toe. Foto verskaf
Lees vorige artikels hier:
- Two arrested in N9 murder case
- Polisie laat geen steen onaangeroer
- Só lyk die N9-moordslagoffer
- Vermoorde se identiteit bekendgemaak
- N9-moordslagoffer geïdentifieseer
- Nuutste: Vrou wat vermoor is geïdentifiseer
- Vermoorde vrou se liggaam word ondersoek
- Still no answers after woman's body found
- Young woman's body found outside Graaff-Reinet
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'