Update
TUINROETE | KAROO NUUS - OUDTSHOORN NUUS - Die kanse dat die Swartbergpas vandag weer oopgestel sal word is skraal. Teen 12:45 was die spesiale herwinningsvoertuig wat ontbied is, nog nie op die toneel nie.
Volgens die eienaar van 'n Insleepdiens in Oudtshoorn, wat bekend is met die omstandighede, sal die herwinning van die trok waarskynlik nie teen vanmiddag afgehandel wees nie.
Die pas is by Kobus se Gat aan Oudtshoorn se kant gesluit en by die afdraai vanaf Prins Albert se kant na die trok met 'n vrag koring van die pad af is en in die rivier beland het.
Kosbare koring doen sy deel
Besoedeling wat veroorsaak is deur die vragmotor se diesel wat in 'n waterstroom beland het kon gelukkig gekeer word voordat dit 'n opgaardam bereik het. Volgens noodpersoneel op die toneel het die koring in die stroom van die diesel geabsorbeer.
Maatreëls wat laer stroomaf aangebring is, beperk die besoedeling.
Vorige artikel: Chemical hazard after truck overturns at Kobus se Gat
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’