Update
ABERDEEN NUUS - Die man wat daarvan aangekla is dat hy sy sewejarige dogter seksueel aangerand het, se aansoek om borg is pas toegestaan in die Aberdeen landdroshof.
Twee van sy familielede en 'n derde persoon in naby verhouding met hom het buite gewag.
Die man het die hofgebou uitgestap met sy twee regsverteenwoordigers.
Die verrigtinge is in camera gehou en die media is nie toegelaat nie. Die Advertiser het nie-amptelik verneem dat borgtog op R5 000 toegestaan is.
Geen verdere inligting is op hierdie stadium beskikbaar nie.
Vorige artikels:
- Man weer in hof oor seksklag
- Berugte Aberdeen man se saak weer uitgestel
- Aangeklaagde se saak uitgestel
- Man aangekla van kinderverkragting
- Aberdeen-man gearresteer vir seksuele aanranding
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'