ABERDEEN NUUS - Die vermeende seksuele oortreder van die Aberdeen-distrik verskyn op die oomblik in die Aberdeen-landdroshof waar sy aansoek om borgtog vandag aangehoor word.
Sy borgtogaansoek is weereens op Dinsdag 28 Februarie uitgestel as gevolg van onder andere die gevangene se gesondheid.
Sy verskyning vandag is weer in camera, maar daar word geglo dat sy aansoek wel aangehoor word.
Geen van die beskuldigde se familie is vandag by die hof nie. Die man se identiteit mag nie bekendgemaak word nie, aangesien 'n minderjarige, sy 7-jarige dogtertjie, na bewering die slagoffer is.
Beide die prokureur en advokaat wat hom verteenwoordig, is vandag in die hof. Meer inligting sal volg sodra dit bekend word.
So lyk die Aberdeen-hof van binne. Foto's: Alex Lombaard
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'