Update
ABERDEEN NUUS - Die beskuldigde wat verlede week Donderdag, 16 Februarie op Aberdeen vir die eerste keer verskyn het vir ‘n formele borgaansoek, se aansoek is vandag weer uitgestel.
Die man se identiteit word weens die aard van die klag waarop hy tereg staan weerhou. Hy word daarvan aangekla dat hy sy eie 7-jarige dogtertjie seksueel aangerand het.
Sy aansoek is vandag uitgestel na volgende week Dinsdag, 28 Februarie. Intussen bly hy in aanhouding. Hy het vanoggend gekla dat hy ongesteld voel, waarop hy vir moontlike akute wanbalans in sy suikervlakke ondersoek en getoets is.
Rondom die middaguur is hy na die Aberdeen- hospitaal gehaas met moontlike verhoogde bloeddrukprobleme. Tussen 14:00 en 14:30 is hy teruggeneem na die hof waar die proses hervat is.
Nadat sy aansoek weer uitgestel is, is die man per vangwa teruggeneem na Graaff-Reinet waar hy aangehou word.
Vorige artikel: Aangeklaagde se saak uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'