TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Soirée (soi-rée, uitspraak: swa-ree) s.nw., soirées. Ook, geselstaal, swarrie. (Fr.) Deftige funksie of onthaal, gew. i.d. aand, wat dikw. aan huis van iem. plaasvind en wat musiekuitvoerings, voordragte, of dergelike insluit: Die soirée is by 'n herehuis in Constantia … Andries voel die luuksheid van die plek, die ryk gaste … die welsluitende, duur wol van sy aandpak om hom, soos 'n beskermende, milde narkose (K. v. Zyl: Gister, 1966, 64). In die begin van die sewentigerjare was daar letterkundige en musikale soirées, waarop die nuwe geselskap Semper Crescendo vir die eerste keer opgetree het (F. Smuts: Stellenbosch, 1979, 396).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'