CRADOCK NUUS - Die soektog na die verdagte, Andrew (Tsiri) Kroukamp (28), wat vir ondervraging gesoek word in verband met die moord van Thys van Niekerk, duur steeds voort.
Volgens ao Majola Nkholi, polisiewoordvoerder is die soektog oor 'n groter area uitgebrei.
Volgens oogetuies is polisie se K9-eenheid by die Kwaairivier-kruising, 35 km vanaf Cradock opgemerk.
Intussen het die beloning vir inligting wat kan lei tot die suksesvolle arrestasie van die vermeende moordenaar van R22 000 na R42 000 gestyg.
Vorige artikels:
- Beloning van R22 000 op vermeende moordenaar se kop
- Thys van Niekerk: Gerda vertel dat haar pa 'n goeie mens was
- Man wanted for questioning in Cradock farm murder
- Soektog na verdagte in moord op van Niekerk
- Vermoorde ingenieur sou na projek aftree
- Plaasmoord tussen Hofmeyr en Cradock
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’