KAROO NUUS - Die 64-jarige Thys van Niekerk wat gister op die plaas Uitkyk, tussen Cradock en Hofmeyr, dood aangetref is met verskeie steekwonde, was 'n inwonende siviele ingenieur verbonde aan die maatskappy SNA CIVIL & STRUCTURAL engineers, wat ook 'n kantoor op Aliwal Noord het.
Van Niekerk sou vir drie jaar op die plaas woon waar hy vir die tydperk aan die R390 padherbou-projek sou werk.
Van Niekerk sou na afloop van die projek aftree.
Die bestuurder van Hofmeyr Hugs of Hope, sê dat dié instansie op gereelde basis met Van Niekerk kontak gehad het. Teresa Opperman sê dat Van Niekerk uiters hulpvaardig was en die instansie gereeld van raad bedien het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’