GRAAFF-REINET NUUS - Die musiekgroep, Twee, tree op Donderdagaand, 15 November by Reinet Manor in Graaff-Reinet op.
Twee, wat bestaan uit Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers, is in 2015 as die eerste wenners van die kykNET Afri-Visie-kompetisie vir liedjieskrywers aangekondig.
Sedertien maak dié dinamiese sangerpaar golwe in die musiekbedryf met hul eerlike en unieke vertolking van hul wye verskeidenheid liedjies waarmee saam luisteraars kan huil, dans, glimlag, nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister.
Ervaar ‘n vertoning deur Twee nou plaaslik in die intieme atmosfeer van Reinet Manor waar die sangerpaar die gehoor op ’n diep emosionele reis sal neem met hul eenvoudige dog treffende melodieë en lirieke.
Deure open 17:00 en die vertoning sal om 19:30 begin. Kaartjies is beskikbaar teen R100 per persoon en R70 vir skoliere.
Piekniekmandjies vir twee kan bestel word vir die vertoning teen slegs R180.
Skakel 071 411 9861 om jou kaartjie te bespreek of vir enige navrae.
Die musiekgroep, Twee, tree op Donderdagaand, 15 November by Reinet Manor in Graaff-Reinet op.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'