KAROO NETBALNUUS - Hoër Volkskool (HVS) het Woensdag, 10 April teen Hoërskool Burgersdorp in Middelburg op die netbalbaan kragte gemeet. Die weer was onvoorspelbaar, maar die wedstryde kon aangaan.
Die o.14A span verloor ongelukkig 10-12, die 0.16B span verloor 15-16 en die 0.16A span verloor ook met 'n naelbyt telling van 13-14. Die tweedes het bietjie swaarder gekry en verloor 17-23. Die eerste span het egter 'n goeie oorwinning van 22-7 behaal, terwyl die wedstryd aan die einde van die derde kwart gestop moes word, omdat die bane te nat was om verder te speel.
Die afgelope naweek het van Hoër Volkskool teen Kirkwood gespeel. Hullle het tuisveld voordeel gehad en dit goed benut. Onder baie warm omstandighede, het Volkskool goed gevaar.
Netbal ( HVS tellings eerste)
- o.14A: 11-21
- o.16A: 16-7
- o.16B: 12-13
Hokkie:
HVS se tweedespan speel teen Kirkwood se eerstespan en wen oortuigend met 3-1.
Die rugbyspanne wat gespeel het, was die o.16's,wat gewen het met 24-20 en die eerstepsan wat baie goed gevaar het en 'n uitstekende telling van 43-3 op die telbord gesit het.
HVS se eerste seuns- en dogterstennisspanne het verlede week teen Union High se eerstespanne gespeel in die winterliga kompetisie. HVS se dogters én seuns het beide met 5-1 gewen.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'