SUID-KAAP NUUS - Atlete het nog 3 geleenthede om aan die Winterliga-byeenkoms deel te neem.
Die liga het op 3 Mei in aanvang geneem en is oop vir atlete van alle ouderdomsgroepe.
Dit word by die Van Riebeeck-stadion op Mosselbaai aangebied en vind elke tweede Woensdag plaas.
Die datums vir die oorblywende Winterliga-byeenkomste is 2 Augustus, 16 Augustus en 1 September.
Inskrywings kan van 16:00 af tot 17:30 by die stadion gedoen word. Die byeenkoms begin stiptelik om 17:30.
Atlete kan ook aanlyn registreer by www.bifit.co.za.
Alle ouderdomme, van laerskole tot meestersatlete, mag deelneem. Inskrywingsgeld beloop R25 per atleet.
Skakel Bianca Janse van Rensburg by 073 583 6439 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa news'