KAROO NUUS - Die liggaam van 'n 65-jarige man met veelvuldige steekwonde aan sy bolyf, is vandag 30 Augustus om 09:30, in die woonhuis van die plaas Uitkyk gevind.
Die plaas is tussen Cradock en Hofmeyr. Plaasveiligheidslede, en polisielede het na die persoon begin soek nadat sy verlate voertuig vroegoggend by die Conway-kruising gevind is. Dié voertuig maak deel uit van die formele ondersoek.
Die oorledene se identiteit is aan die polisie bekend, maar mag nie bekend gemaak word voordat die formele ondersoek nie afgehandel is nie.
Die verdagte is glo nog op vrye voet en 'n soektog is van stapel gestuur.
Enige persoon met inligting rakende die insident kan die ondersoekbeampte by 082 319 8876 of 08600 10111 kontak.
Die oorlene was vermoedelik deel van die span wat tans aan die opgradering van die R390 pad werk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’