JANSENVILLE NUUS - Lizandré Mulder, welbekende SA atleet en topstudent vanaf Jansenville, het die oggend van 18 April 'n toekenning vir uitmuntende prestasie by die Universiteit van die Vrystaat ontvang. Sy het haar meestersgraad in kriminele reg met lof geslaag.
Op dieselfde dag moes sy om 18:00 die gradeplegtigheid bywoon waar sy haar meestersgraad in kriminele reg verwerf het. Sy het haar tesis vir haar meestersgraad oor mediese reg gedoen.
Haar ouers het vanaf Jansenville gereis om beide die geleenthede saam met haar by te woon.
"Ons het net na die gradeplegtigheid in ons motor geklim en na Pietermaritzburg gery waar Lizandré die volgende dag op 19 April, aan SA's deelgeneem het. Sy het die vierde plek in 3 000 m hindernis behaal," deel haar ma, Leoné Mulder, mee.
‘n Bitterlik besige, en hoogs begaafde student is Lizandré Mulder beslis. Sy is reeds voltyds besig met haar Ph.D. aan die Universiteit van die Vrystaat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’