STEYNSBURG NUUS - Dis winter, en ysig koud in Steynsburg - Teebus en Koffiebus lyk skoon dynserig in die verte, maar by Marais Steyntehuis, met sy mooi groen tuinmuur, skilder die kunsgroep dat die verf spat en die oliepastelle kort raak.
Die groepie rig hul kunshoekie in die naaste sonkol in, en die voorverwer, Hettie Erasmus, teken alles wat voorkom en op enige plek met enigiets wat kleur gee.
Hofmeyr Hugs of Hope se tema vir 2025 is "The Butterfly Effect" wat dui op die stappe wat gebeur voor 'n prag-skoenlapper die wêreld kan betower.
Hierdie kunstenaars het die uitdaging aanvaar en maak kaartjies, prente en skilderye om dié tema uit te beeld. Die kunswerke sal vir verskeie projekte ingespan word.
Kaartjies, prysstrokies, bedrukte kussingslope, voorskote en vatlappe is in die pyplyn met hierdie ontwerpe. Nog beter, die oorspronklike kunswerke sal ook te koop wees!
Voor die Augustuswinde begin stof opjaag sal die projek afgehandel wees, maar teen daardie tyd raak dit darem ook al stadig warmer, en sal die kunsgroepie weer natuurtonele buite die beskerming van die gebou kan aanpak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’