Update
CRADOCK NUUS - Brian Schanek, die man wat tereg staan vir die moord op Marilyn Maarman (38) van Cradock, is vandag 19 Oktober borgtog geweier.
Maarman is op 1 Oktober dood nadat Schanek, Maarman se lewensmaat, haar na bewering vir die soveelste keer wreed aangerand het.
Vroue van verskeie gemeenskappe in en rondom Cradock het tydens Schanek se verskyning van die polisiekantoor in die dorp na die Cradock Landdroshof gestap waar hulle luidkeels betoog het teen die skrikwekkende hoë vlakke van geslagsgebaseerde geweld in die streek en landswyd.
Vorige artikels:
Voor van links is Des Saptoe (gemeenskapsontwikkelingswerker); Zipho Zihle-Smit (DA-raadslid); Elsie Maarman (die slagoffer se ma); Charmelle Samuels (PA-raadslid), Ntombiyomzi Mfabana (Women's League); en Lena Davids (Good-raadslid). Agter is Ethel (Elsie) Potgieter (gemeenskapsondersteuningsprogramme).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’