CRADOCK NUUS - Die N10 buite Cradock in die rigting van Middelburg en Graaff-Reinet is gistermiddag, Maandag 14 Desember, gesluit nadat twee mangaantrokke net ná 17:00 onder die treinbrug gebots het.
Verskeie ander voertuie was daarna in sekondêre botsings met die trokke betrokke.
Een sterfte op die toneel is bevestig.
Nood- en reddingsdienste was op die toneel besig, terwyl verkeer herlei was via die laagwaterbrug vanaf Cradock, oor die Groot Visrivier, verby die stortingsterrein en deur die spoorwegkamp.
Die betrokke gedeelte van die N10 was reeds voorheen in die nuus weens die teeroppervlak onder die treinbrug wat geneig is om te smelt en slaggate te vorm.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’