KWAAIMANSDISTRIK NUUS - 'n Elfjarige seun is Woensdag 10 Desember in die Kwaaimansdistrik in 'n tragiese ongeluk met 'n tuisgemaakte vuurwapen dood.
Woordvoerder van die Oos-Kaapse Polisie, luitenant-kolonel Siphokazi Mawisa, het in 'n persverklaring gesê twee seuns, 'n 11-jarige en 'n 14-jarige van die PhexukweWilo woonbuurt, het met 'n tuisgemaakte vuurwapen gespeel toe die 14-jarige 'n skoot afvuur wat die 11-jarige noodlottig getref het.
Volgens 'n verklaring deur die 14-jarige se pa was die gelaaide vuurwapen, wat hyself vervaardig het, in die bedkassie langs sy bed toe hy dorp toe vertrek het.
Die 14-jarige het aanvanklik met die vuurwapen gevlug maar is deur lede van die gemeenskap opgespoor.
"Die seun is vervolgens deur sy pa na die polisiestasie begelei, waar die vuurwapen ook ingehandig is.
'n Saak van moord is teen die minderjarige geopen, en klagtes teen die pa is nie uitgesluit nie," het Mawisa gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’