Update
ABERDEEN NUUS - Die man van die distrik wat aangekla word dat hy sy sewejarige dogter seksueel aangerand het, se aansoek om borgtog is Dinsdag in die Aberdeen-landdroshof toegestaan.
Twee van sy familielede en 'n derde persoon in 'n naby verhouding met hom het buite gewag. Die man het die hofgebou uitgestap met sy twee regsverteenwoordigers.
Die hofverrigtinge is in camera gehou en nie die familie of die media is toegelaat nie. Die Advertiser het nie-amptelik verneem die aangeklaagde is vrygelaat op borgtog van R5 000.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'