Update
HOFMEYR NUUS - Hofmeyr, wat onder die Enoch Mgijima-munisipaliteit ressorteer, is sedert Maandag 20 Februarie van die buitewêreld afgesny.
Betogers het al vyf toegangsroetes tot die dorp versper en besighede is gedwing om te sluit.
Geen ekonomiese aktiwiteite is toegelaat nie en inwoners is versoek om vir hul eie veiligheid binnenshuis te bly.
Swak dienslewering, geen water, ontevredenheid oor die wyksraadslid en swak instandhouding van munisipale eiendom het tot die voortdurende opstande gelei.
Openbare-orde-polisiëring (Pops), is ontplooi en Dinsdag is rubberkoeëls en traangas gebruik om oproerige skares te beheer.
'n Petisie is reeds Vrydag 17 Februarie aan kapt. Visagie, SAPD-stasiebevelvoerder oorhandig, waarop alle klagtes uiteengesit is.
Die hoofbestuur van die Enoch Mgijima-munisipaliteit sou gister, 22 Februarie, die dorp besoek om na die protesgangers se eise te luister.
Teen druktyd moes die besoek nog plaasvind.
Vorige artikels:
- Opvolg: R390 oor Hofmeyr nogsteeds gesluit vir verkeer
- Opvolg: Hofmeyr terugvoer vanaf wyksraadlid Buti Quqa
- Opvolg: Hofmeyr-optog
- Opvolg: Hofmeyr-optog
- Hofmeyr-toegangsroetes versper
- R390, oor Hofmeyr, gesluit vir Hofmeyr
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'