Update
GRAAFF-REINET NUUS - Helikopters kan nou maar kom, want Graaff-Reinet se opgeknapte helipad pronk deesdae ook met 'n splinternuwe windkous.
Die gehawende toestand van die helipad is onder die gemeenskap se aandag gebring nadat 'n AMS-reddingshelikopter op 26 Januarie moes kom land.
Graaff-Reinet Advertiser en Samantha Graham-Maré, DA LP en kiesafdelingsleier van die Dr Beyers Naudé-gebied, het die gemeenskap gevra om te help - en siedaar!
Raadslid Joy Williams en Graaff-Reinet se plaaslike sakelui het dadelik ingespring met die opknappingswerk en teen 14 Februarie was dit nog net die nuwe windkous wat kortgekom het.
Williams het die windkous verlede week ontvang. “Rory Boggenpoel het die windkous vir my kom gee en ek het aanvanklik nie eens gevra waar dit vandaan kom nie. Ek was maar net te dankbaar om dit te kry,” vertel Williams.
Sy het eers later uitgevind dat die direkteur van gemeenskapsdienste, Gewnynne Hermanus, die windkous geskenk het.
“Danksy die direkteur wapper daar vandag ‘n spoggerige nuwe windkous by Graaff-Reinet se helipad,” sê sy verheug.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'