Update
GRAAFF-REINET NUUS - Daar is nog geen amptelike verklarings oor die 15-jarige seun wat gister na bewering so erg aangerand is dat hy deur ‘n AMS reddingshelikopter vanaf Graaff-Reinet na Gqeberha gevlieg moes word nie.
Alle pogings van die Graaff-Reinet Advertiser om meer inligting te bekom het op ‘n doodloopstraat geëindig omdat nie een van die betrokke rolspelers inligting kon bekendmaak nie.
‘n Navraag is aan Adjudant-Offisier Majola Nkohli, woordvoerder van die SAPD in die Sarah Baartman distrik gestuur, maar geen terugvoer is ontvang nie.
Dit is wel bevestig dat niemand tot dusver in hegtenis geneem is nie omdat daar nie genoeg inligting rondom die saak is nie.
Dit is ook aan die Graaff-Reinet Advertiser genoem dat die polisie opdrag vanaf Generaal-Majoor Zolani Xawuka, Distrikskommissaris van die SAPS in die Sarah Baartman distrik, gekry het om die saak te ondersoek en 'n CAS-nommer te registreer.
Dit het gevolg nadat die Graaff-Reinet Advertiser met Xawuka kontak gemaak het om ‘n amptelike verklaring te probeer bekom.
Die Kommunikasie- Direkteur van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement, Siyanda Manana, kon ongelukkig nie bereik word vir 'n verklaring nie.
Volgens 'n betroubare bron is die seun tans in 'n kritieke toestand in die Livingstone Hospitaal in Gqeberha.
Daar word beweer dat die seun, wat glo 'n probleemkind is, deur iemand na aan hom aangerand is omdat hy die ruite van 'n privaatwoning uitgegooi het.
Vorige artikel: Kind per heli na Gqeberha na erge aanranding
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'