Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO'S - Yolanda Keyster, inwoner van Rosestraat in Kroonvale, Graaff-Reinet, demonstreer in die meegaande video’s hoe haar watermeter se telling oploop terwyl daar nie 'n druppel water uit haar krane kom nie.
"Ek, 'n leek, kan die wind druk in die pype sien, maar hulle (die munisipaliteit) vervang net aanhoudend die watermeter. Hulle sê hulle kan nie help nie, maar hoe kan ek help? Ek het letterlik nooit water nie en dit met ‘n kleintjie in die huis. Alles is geroes, ek wil nie eens sien hoe die geiser lyk nie!"
VIDEO'S: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'