GRAAFF-REINET NUUS - Een is persoon is dood en 11 beseer toe 'n taxi Saterdag, 29 Junie, omstreeks 04.10vm op die R61 tussen Beaufort-Wes en Aberdeen gerol het.
Die ongeluk het sowat 60km van Graaff-Reinet plaasgevind.
Volgens Polisie Skakelbeampte, Kaptein Bradley Rawlinson, was die taxi in die rigting van Graaff-Reinet op pad toe die voorval plaasgevind het.
Daar was 12 mense in die taxi. Die elf beseerdes is na die Beaufort-Wes-hospitaal geneem.
Nooddienste van Graaff-Reinet en Beaufort-Wes het na die toneel gehaas om bystand te verleen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'