Elsie Maarman sê baie dankie
Ek wil maar net vir u sê baie dankie vir die samewerking van u en die berig wat vir my kind Marilyn Maarman gedoen het, sien artikel Ma voor dogtertjies vermoor,
5 Oktober 2023.
Baie dankie vir die Graaff Reinet Advertiser dat u die berig in die koerant en op Facebook geplaas het van die beriggewer Teresa Opperman sodat almal dit kon sien.
Baie het haar foto en besonderhede gesien toe vra hulle my: "Is dit jou dogter gewees Elsie, toe se ek, ja." Dis hoe die wat haar geken het, haar herken het. Ek, Marilyn se ma en familie het dit opreg waardeer.
Mag die Here u elkeen by die koerant en u families ryklik seën en omhels. Mag sy Engele u omring. Al my liefde van Marilyn Maarman se Moeder Elsie Maarman.
- Elsie Maarman
Beste Elsie, ons is jammer oor jou verlies. Sterkte met die pad vorentoe - Graaff-Reinet Advertiser.