Keelvolle inwoner:
Ek is 'n huiseienaar in Cypress Grove, Graaff-Reinet. Die ingang na Cypress Grove is al 'n geruime tyd 'n groot probleem as gevolg van die groot vragmotors wat daar staan om goedere af te laai en die publiek wat dit as publieke toilette gebruik.
Ons as huiseienaars het oor 'n lang tydperk met verskillende rolspelers onderhandel, maar daar word eenvoudig net niks aan gedoen nie.
As gevolg van die ingang het my huis se waarde drasties verlaag, maar my erfbelasting is met 70% opgestoot na 'n waarde wat ek oor dié ingang, nooit sal kry nie.
Ek vra dat u asseblief sal ondersoek instel oor die aangeleentheid.