GRAAFF-REINET NUUS - Twee van Suid-Afrika se geliefde en uitsonderlikste Afrikaanse musiekkunstenaars, Stef Kruger en Petronel Baard, is op toer deur die Oos-Kaap met hul vertoning Verdubbel die Geluk, 'n produksie wat hart en siel bymekaarbring.
Petronel speel klavier en doen harmonie saam met Stef wat haar op sy slaginstrumente ondersteun. Hulle wissel die spoor van lieflike musiek af met 'n gekorswel en van Stef se “ware stories” wat jou sal laat krul van die lag.
Sensitief, selfs liefdevol is die styl waarmee hierdie twee gesoute kunstenaars nou al gehore sedert 2016 in vervoering het en met ‘n liefde vir hul moedertaal, Afrikaans, en etlike toere is dit inderdaad dubbeld die geluk.
Stef se bekende wysies en woorde met ou en nuwe nostalgie tussen die “pennies op die spoor“ en “grassade in die wind” wat waai langs die pad… Petronel se vrolike lag as hy een van sy “ware” stories vertel en wanneer sy in vervoering haar mooi musiek sing, is daar gewoonlik geen droë oog in die gehoor nie.
Stef is 'n Afrikaanse liedjieskrywer, musikant en abstrakte skilder. Hy het al meer as 300 liedjies geskryf, waarvan verskeie treffers is.
Petronel is 'n besondere sanger en liriekskrywer, teaterentrepreneur en kunstefasiliteerder. Sy is veral bekend as kabaret diva en haar stem strek soomloos van blues, na jazz, na ligte klassiek en folkmusiek. Sy is 'n storieverteller en hartsmens wat saam met Stef vol vrolikheid en innige liefde gehore oorrompel.
Dié twee vorm 'n gedugte kombinasie wat vermaak uit die boonste rakke waarborg.
Hul Oos-Kaapse toerprogram is as volg:
Woensdag 20 Oktober
Celtis Country Lodge & Restaurant, Middelburg, kontak die restaurant by 082 446 4137.
Donderdag 21 Oktober
Kreatief Burgersdorp, kontak Pieter 072 390 9019.
Vrydag 22 Oktober
Lady Grey Klubhuis, kontak Zak 061 047 1053.
Saterdag 23 Oktober
Pioneers Restaurant & Pub, Graaff-Reinet, kontak Almare 084 433 0612
Sondag 24 Oktober
Oppi-Vlak Padstal, kontak Santjie 083 421 4409.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'